• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Chaos in die pastorie – wenner, Steel Panther kompetisie

Hier is solank een van die wenners van die nuwe Steel Panther CD. Ons sal die res ook opsit deur die week:

Chaos in die pastorie
(deur Die Neter)

Jare gelede toe ek nog in matriek was, nog voor demokratiese SA, het ek en my ma een Saterdag gaan shop in OK. Ek moes beloon word vir een of ander prestasie (glo dit). Dit was natuurlik 'n tyd in my lewe wat enige vorm van rock/metal of enige rebelse musiek (gewoonlik gesource uit boeke wat mense soos Rodney Seal geskryf het met al die verbode musiek en covers daarin) rondeyseale2ontdek en geluister moes word. In die tape section kies ek toe vir my 'n lewens grote Iron Maiden poster. Kom by die huis – moerse chaffed en mount die poster. My ouers het dit kom uitcheck – nie vreeslik impressed gewees nie – maar niks was fout nie. Hulle het dit after all vir my gekoop.

Nadat Eddie die aand oor my gewaak het sit ek die Sondag oggend in die kerk. Ek moet seker noem dat my pa 'n visser van mense is vir die NG kerk. Hy kondig toe aand dat daar die dag 'n gas spreker is. Niemand anders as Rodney Seal nie. Ek het spesmaas gehad dat hier groot kak kom. Soos ou Rodney sy skuifies vir ons wys en sy plate agter uit speel duik Iron Maiden ook natuurlik op. My pa se kop het so net net uitgesteek bo die preekstoel – ek het gesien hoe word hy al hoe rooier en rooier.

rodneysealTe verstane was ek natuurlik na kerk nou nie moerse lus om huis toe te gaan nie, maar besluit toe maar om te maak of daar fokkol fout is. Na pappa se koffie saam met sy skapies was daar chaos in die pastorie. Ek, hulle heiden seun is uit die huis gejaag. Ek het die aand maar by 'n vriend gaan slaap. Die volgende dag was my ouers natuurlik moerse bekommerd oor my en laat my terug in die huis. My kamer was geplunder – Eddie was natuurlik weg asook al my tapes.

Na 'n paar weke het ek my tapes terug gekry. Die original tapes met sexy chicks op se covers was omgedraai en vasgeplak aan die binne kant sodat jy nie die cover meer kan sien. Die rock en metal tapes was nerens te vinde nie. Gelukkig was daar teen daai tyd al fast speed dubbing!

Ek het natuurlik my les geleer. 'n Vals bodem ontdek onder die hi-fi unit in die huis waar ek natuurlik al my nuwe tapes (en cd's later) weg gesteek het en dan skelm geluister het. Lekker, in die pastorie – fok Rodney, rock on!

Gefile in Snotstories, kompetisie | Tagged , | Leave a comment

Moet nooit kak diens aanvaar nie

Jy kan gerus so paar van hierdie outjies in jou wallet hou, vir die volgende keer wat iemand jou ‘n mielie in die hol try rol.

Uit met die ou line: “Moet ek vir jou ‘n fokken prentjie teken?!” Stop hulle net een van hierdie outjies in die kloue. Dit maak dit net meer official en laat jou beter voel.

diens

Gefile in Spec-takel | Tagged | Leave a comment

Watkykjy holpaper vir jou putertjie

'n Paar van julle het ons gepla vir Watkykjy wallpapers vir jou laptop of desktop putertjie.

Anja Slaptiet het so 5% van haar kragte ingespan en vir julle vinnig hierdie outjie gemaak. Hy is beskibkaar in 2 verskillende sizes, so check maar watse een graft die beste vir jou. Ons moet ook seker dankie tune vir Mevrou Dominee van die Kaap wat haar kont vir ons beskikbaar gestel het vir die fotoshoot. Sies man, moenie sulke vieslike gedagtes kry nie. "Kont" beteken "boude" in Nederlands, jou vuilbrein naai!

Wallpaper-1440x900

 

Wil meneer net na die boudjies kyk?  Watkykjy Wallpaper-1440×900.jpg  

Wil meneer die boudjies gryp en hulle so bietjie pak gee? Watkykjy Wallpaper-1600×1200.jpg

Gefile in Spec-takel, watkykjy tips | Leave a comment
  • Afrigator
Afrigator